Vanaf "windharp" tot "selfoon" het daar kortsluitings plaasgevind en het die SMS-agtige kodes 'n inslag gevind in hierdie werk waar die digter 'n private verwysingsveld aanwend wat nie altyd vir die leser toeganklik is nie en wat gereeld Engelse woorde inspan. Daar is wel 'n skakeling met vorige temas, alhoewel hier afgeskaal: die kunste, liefde en passie, verganklikheid.
Dit is dalk die bundel se interessantste eienskap: dat selfs wanneer Stockenstrom haar talige talent inspan (die metafore, die berekende strukture, die klankrykheid, die asprisse humor), word die leser steeds nader aan die onderwerp gebring, word die onderwerp ontbloot in sy nietalige hier-heid.
Die kunstenaar omskep dikwels dit wat privaat en pynlik is tot kuns, kan selfs, soos Opperman (1959:147-148) aandui, doelbewus nuwe ondervindings najaag, vriende en artistieke tegnieke op berekende wyse inspan, die een liefdesverhouding na die ander verbruik (ook die eie menswees!)--alles ter wille van die kuns.